seprator

Author: Lieze Stassen

seprator
28September 2015
blog_shape
Die eerste werkswinkel van ‘n beplande reeks – ‘n uitvloeisel van WOORDPALET en in samewerking met CORDIS TRUST - word hiermee aangekondig. Die hartklop van hierdie inisiatief is om samewerkingsmoontlikhede tussen woord- en nootkunstenaars te ondersoek en te bewerkstellig. Dit is dus meer as net ‘liedjieskryf’ – werkswinkels. Dit is werkswinkels vir alle nuwe stemme (oud en jonk) van die geskrewe woord EN die musikale verwerking en uitvoering daarvan. Die eerste been van hierdie werkswinkels se tema is: Poësie in klank 731
Lieze Stassen
01September 2015
blog_shape
  ek het twee hande met tien vingers vol geskiedenis oortrek met padkaarte vol verhale en geheime opgesluit in elke lyn en aar 721
27August 2015
blog_shape
Ek kom uit ‘n huis met diep gelowige ouers. Ek het in die Namakwaland en Karoo groot geword. Gereformeerd. Ons is gedoop as babas in lang dooprokke met ‘fancy’ borduursels. Voorgestel en aangeneem, om volwaardige lidmate van die gemeente te word. Later is die kinders gekerk en hulle kinders weer in hulle ouers se dooprokke gedoop. Ons was stemmig en stil in die kerk. Eerbiedig en ordentlik. Ons het psalms en gesange gesing met baie versies. Ons het ook ‘n groen Hallelujah-boek gehad waaruit ons veral lekker gesing het. Ons het die woorde uit ons koppe geken. Klein-klein al. Ons het nie vreeslik hard of lank gedink oor hierdie groot dinge nie. Dit was deel van ons opvoeding, kultuur, tradisie,‘n daaglikse handel en wandel. Ons het nie getwyfel aan dit waarmee ons onsself besig hou nie. Ons het ook nie daaroor gestry en baklei nie. 709
Lieze Stassen
25August 2015
blog_shape
jona   jona se opdrag was kort was kragtig die vrees en angs in sy hart was groter as die sonde van die groot stad 691
Lieze Stassen
25August 2015
blog_shape
vier kamers   vier kamers dra ek in my bors 'n klein kwatryn 689
shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »