seprator

Inkdink

seprator
28March 2017
blog_shape
Ek sit en lees seker die afgelope uur deur stringe en stringe debatte oor die onderwerp; en meer spesifiek die "groot gebid" op die 22 ste April. Voor ek my verder uitspreek - hierdie is nie 'n debatsopening 'vir' of 'teen' enige een mens nie. Ook gaan ek nie 'n verdere debat oopmaak oor Christendwaalleeer nie. Die veld is wyd en die koring reeds ryp. Ek het iets anders op die hart. 920
27August 2015
blog_shape
Ek kom uit ‘n huis met diep gelowige ouers. Ek het in die Namakwaland en Karoo groot geword. Gereformeerd. Ons is gedoop as babas in lang dooprokke met ‘fancy’ borduursels. Voorgestel en aangeneem, om volwaardige lidmate van die gemeente te word. Later is die kinders gekerk en hulle kinders weer in hulle ouers se dooprokke gedoop. Ons was stemmig en stil in die kerk. Eerbiedig en ordentlik. Ons het psalms en gesange gesing met baie versies. Ons het ook ‘n groen Hallelujah-boek gehad waaruit ons veral lekker gesing het. Ons het die woorde uit ons koppe geken. Klein-klein al. Ons het nie vreeslik hard of lank gedink oor hierdie groot dinge nie. Dit was deel van ons opvoeding, kultuur, tradisie,‘n daaglikse handel en wandel. Ons het nie getwyfel aan dit waarmee ons onsself besig hou nie. Ons het ook nie daaroor gestry en baklei nie. 709
13August 2015
blog_shape
Alhoewel ek baie dink, het ek in die laaste tyd minder ge-ink. Ek was druk besig met ateljeeopnames en skryf aan my nuwe album. Op die persoonlike front was daar ook groot verskuiwings – twee huistrekke in vier maande. Die een meer dramaties en traumaties as die ander. (Ander dag se storie) Uiteindelik bevind ek myself weer terug in Pretoria. Vir my geld die spreekwoordelike “alle paaie loop na Rome” letterlik met so ‘n klein verandering … “al my paaie loop terug na Pretoria”. Dalk kan ek ‘n liedjie sing wat iets klink soos : … “ my voete loop die wệreld plat, maar ek gaan Pretoria toe”…. 635
13August 2015
blog_shape
Toe ek nog ‘n kind was in die 70’s, het die jaar 2000 vir my na een of ander alien konsep geklink. Dit het ‘n baie vreemde klank gehad en onbegryplik ver gevoel. Nou is dit reeds 2014 en klink niks meer vir my vreemd en ver nie. Ek het met die jare agtergekom dat tyd, hoe ouer mens word, vlerke groei en begin vlieg. En dat voor jy nog jou oog kan knip ‘n hele wêreld op sy kop kan beland. Ek het geleer dat verandering ‘n konstante is. Ek het geleer dat mens werklik net die oomblik waarin mens jouself bevind het. Gister is gedane sake en môre het sy eie oomblik. Ek het geleer dat 'om die oomblik vas te gryp' meer betekenis het as net ‘n oulike ding is om te sê.  Hoeveel van ons spandeer nie hopeloos te veel ‘tyd’ in ons gisters en môres nie en laat glip die oomblik deur ons vingers nie. En so sterf ons uiteindelik sonder dat ons ooit regtig gelewe het.   633
13August 2015
blog_shape
Ek dink baie. Ek glo ek dink baie meer as wat ek hoef te dink. Soms ink ek wat ek dink, maar meeste van die tyd liewer nie. Soos ek in een van my songs op Aengel sing: "Dis wat ek dink wat my laat sink"   631
seprator
shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »