seprator

in die begin (gebed)

seprator
25August 2015
blog_shape

in die begin (gebed)

 

in die begin was die Woord daar

daar by God

self God

selfs lank reeds voor die begin

was God

en is steeds daar by die begin

die Woord was lig

en uit die lig het die Woord

vlees geword vir ons

self die lig gebring

vir ons die dood oorwin

 

maar steeds soek ons die lig

en waarheid in elke woord

half horende doof vereelt in kleingeloof

fluister ons biddend bakhand

vir nog bietjie meer

 

vergewe ons ons duisternis-gewetes

ons vleeslike begeertes

laat U gees U lig en waarheid

in ons woon


blog_shape
comma_first
" fluister ons biddend bakhand vir nog bietjie meer " - Lieze Stassen

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »