seprator

Innerlike vrede

seprator
10September 2016
blog_shape

Ek slaan my oἓ op na die berge,

waar sal my hulp vandaan kom.

Die blou lug lyk hoog, lyk ver –

die aarde gekors, gekraak.

 

In my are waar bloed vloei,

met my hart wat klop in my keel,

hoor ek U stem –

in die stilte voor U voete

loop my beker oor.

U teenwoordigheid is heerlikheid

met waters van rus vir dorre siel.

 

Binne U, alomteenwoordig,

raak verstand groen weivelde

vervaag die vraag van onbegrip,

word verwyt verwyder van die wond;

genadiglik genees die vlees

deur bloed en gees,

en weet ek:

U liefde salf my hoof

U goedheid en guns volg my

U is vrede binne my

 

© Lieze Stassen


blog_shape
comma_first
In my are waar bloed vloei, met my hart wat klop in my keel, hoor ek U stem
  • Leave a Comment

    shape
    Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
    Translate »