seprator

my dag se brood

seprator
25August 2015
blog_shape

my dag se brood

(gebed m.b.t 2 Kor 4:7)

 

dankie Heer, o wyse God,

vir U heilige skat

in die kleipot van my hart

sou die pot se kraak uiteindelik bars

verkrummel

en alles stof raak soos hoe dit was

sal U heerlikheid se genadelig

veel verder strek as my brose, klein gedig

 

by U altaar bak ek my dag se brood

by U fontein vul U my self

met lewende water uit U Lig en Woord

my kamerdeur staan wyd en oop

my jerigo-muur in puin

van valse hoop gestroop

 

nou nooi my gees van glo

my God drie-enig onherroeplik

in my mensgemaakte vier-muur woning in

giet ook hier genade op genade uit

net soos U my lewe spaar en laat getuig

maak my huis U woning, Heer

U, my dag se brood, wat almal eer


blog_shape
comma_first
" net soos U my lewe spaar en laat getuig maak my huis U woning, Heer " - Lieze Stassen

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »