seprator

‘n ou verhaal

seprator
25August 2015
blog_shape

‘n ou verhaal (gebed vir kersfees)

 

wat het geword van die ou verhaal

van herders van ver

wat geduldig en gehoorsaam –

jaar na jaar sonder faal –

bly soek het na die Betlehemster

 

wat het geword van die ou verhaal

van ‘n Koningskind in doeke gevind

wat groot sou word

om te sterf vir ons sondes

sodat ons deel kan hê

aan ons hemelse erfgrond

 

wat het geword van hierdie wêreld waarin ons woon

hier waar ons duur geskenke uitdeel sonder skroom

sonder eenkeer se stilstaan

eenkeer se dink

oor hoe ons hierdie gedenkdag vermink

 

man van Nasaret, seun van God

laat die beker van Genade nie hier verbygaan nie

laat die belofte van die Christusboodskap nie verlore gaan nie

laat die liggies wat uitgaan en doodwaai

nie al is wat oorbly nie

laat U wil geskied, U lig skyn

laat ons jubel en juig:

ons Reddder is daar


blog_shape
comma_first
Insert Text HERE..

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »