seprator

Jou pad is jou pad

seprator
27March 2017
blog_shape

 

 

Met die lig wat ek het

loop ek treë vir treë sonder enige idee

wat om die volgende hoek vir my wag;

wat uit die bos langs die pad,

onverwags,

sy onbekende opwagting maak.

 

Dikwels raak die lig wat vir my skyn te flou

om waarheid te belig en te behou

teen elke monument:

die onthou van elke ou gebou.

 

Soms maak die lamp wat ek dra,

hier binne en daar buite,

skimme uit skelette

en gooi skadu’s teen die ruite

lê die verlede se vergewe en vergete,

soos verweerde grafgeskrifte,

deurgetrap op straat soos strooibiljette,

erosie van my klein-berou gewete.

 

Jou pad is jou pad

en met die lig wat jy vat

sal jy hom doodgewoon moet stap.


blog_shape
comma_first
Jou pad is jou pad
  • Uit die HART en so pragtig .
    xxx Aunt Eli

  • Leave a Comment

    shape
    Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
    Translate »