seprator

Bid die boom

seprator
05September 2016
blog_shape

Sag wieg die somerboom se slanke slierte

terwyl sy  a capella sing :

wilgerwysheid ,wilgerlat

wie se vrou het hy die keer gevat?

 

Anderkant die ego antwoord alterstem

vanuit waters waar rus is

soos deur ‘n spieël wat sy ken:

die liefde reken die kwaad nie toe nie

die liefde hou nie boek nie

 

Sy buig haar hoof eerbiedig

en met haredos wat tuimel na benede

gooi sy skadu teen die harde hede

Haar kruis raak lig op haar geboë rug

as sy ‘n hosanna sing aan die Allerhoogste Lig

 

Kaal gestroop van klaterkroon

staan nederig en naak nou net stam en boom

en word uitgestrekte arms in winterwit

die kennis van wat dit is om te kan bid

 

©LiezeStassen


blog_shape
comma_first
Haar kruis raak lig op haar geboë rug as sy ‘n hosanna sing aan die Allerhoogste Lig

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »