seprator

Wasemvisioen

seprator
16May 2017
blog_shape

 

ek lees die asemteue die stilte
my kop se branderbreek
volg die golwe met kommas en punte
en dink dit deur

mediteer nie
op ‘n halwe woord of leë nootakkoord nie
maar hoor die Lewende Woord
en gooi dit dan in Vuur
om suiwer in te brand
en op jou hart te graveer

nou is daar geen letter meer
om na te volg
geen wet van reëls en vrees
ook geen fariseer
dit wat nuut gemaak is
is nou die oorspronge van die lewe

van elke oomblik af in nou
vir jy en ek en ons en my en jou
is daar vryheid in ou grense
en grense in nuwe vryheid
van dit wat gees is
wat nooit vlees kan wees nie

daar is niks meer verhard in klip gekap
net ‘n nuwe hart van vlees
besny besing
want die grootste van alles
die Liefde
het dit self beding

©LiezeStassen


blog_shape
comma_first
nou is daar geen letter meer om na te volg geen wet van reëls en vrees

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »