seprator

om te skryf

    seprator
    Lieze Stassen
    28August 2017
    blog_shape
      toe het almal gestem: skryf lieze, skryf - maar wat moet ek ink, het ek gedink. al wat ek hoor is die branders wat jou as wegwas en al wat ek sien is die straf vir my sonde wat ek dien dit is nie iets om neer te skryf op papier vir almal om te lees of oor te lag nie.
    skryf, lieze skryf - sing almal dan weer oor en oor  soos in 'n koor, maar al wat ek hoor is die  suising van oor tot oor dwarsdeur my skedel soos 'n nimmereindigende griffel teen klip wat kners en knars op buitekant van spelonk waar binne-eggos  hol en leeg bly kreun  om nooit op te hou karring al is dit reeds teenaan die been skryf, lieze skryf - het ek myself hoor skree, maar my rug gedraai op 'n haan se kraai en alleen my bitterbrood gebreek terwyl ek stadig sluk aan my eie dors  vir die beter brood om van te eet skryf, lieze skryf - hoor ek my eie stem se draal jy moet bekeer en net weer eenkeer finaal jou woordakkoord die ruimtes in stuur met vuur om hoop weer uit te koop en geloof te vind in dit wat is en was en weer sal wees skryf so, lieze - hoor ek stil en soet in my gemoed want dit is vir jou gegee verniet 'n nuwe lewe en 'n lied jou pad is afbetaal met bloed jou skuld gedelg en jy is nuut gemaak van voor af moet jy skryf en sing: jou redder leef
    Lieze Stassen
    03June 2017
    blog_shape
    My gees gesels geloof in stilte en geraas, van binne en van buite af. 930
    Lieze Stassen
    16May 2017
    blog_shape
      ek lees die asemteue die stilte my kop se branderbreek volg die golwe met kommas en punte en dink dit deur 927
    Lieze Stassen
    18April 2017
    blog_shape
    en as die koek-koek klok se kraai teen die arms van tyd met nommers draai raak dit stil hier binne my 924
    28March 2017
    blog_shape
    Ek sit en lees seker die afgelope uur deur stringe en stringe debatte oor die onderwerp; en meer spesifiek die "groot gebid" op die 22 ste April. Voor ek my verder uitspreek - hierdie is nie 'n debatsopening 'vir' of 'teen' enige een mens nie. Ook gaan ek nie 'n verdere debat oopmaak oor Christendwaalleeer nie. Die veld is wyd en die koring reeds ryp. Ek het iets anders op die hart. 920
    shape
    Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
    Translate »