seprator

Vrydag 2 Augustus 2013

seprator
13August 2015
blog_shape

Ek dink baie. Ek glo ek dink baie meer as wat ek hoef te dink. Soms ink ek wat ek dink, maar meeste van die tyd liewer nie. Soos ek in een van my songs op Aengel sing: “Dis wat ek dink wat my laat sink”

 

 

Wat ek regtig nooit gedink het nie, is dat my terugtrede tot die musiekbedryf so vreeslik sigbaar gaan wees nie. Ek het gedink ek gaan so paar CD’s van onder my lessenaar verkoop, ‘n konsertjie hier en daar doen en dalk ‘n paar liedjies vir mense skryf of toonset. So iets.

 

Aijaijai , maar ek het my liederlik misgis. My eerste onderhoud was blitsvinnig met HUISGENOOT. Mens kan nie eintlik vir n tydskrif met ‘n groter sirkulasiesyfer vra as dit nie. My eerste radio-onderhoud was met RSG – ek kon nie vir n groter luistertal (vir my musiek) gevra het nie.

 

Waarmee ek ook glad nie tred gehou het nie is die nuwe tegnologie en aard van tydskrifte en radiostasies nie.Genugtig! Skielik is daaar nie net ‘n storie in ‘n tydskrif nie, maar ook n YOUTUBE video daarmeee saam en is dit sigbaar oor die net. En wat is ‘n storie nou sonder ‘n kiekie of twee, gedruk of digitaal. En as die video oor jou gaan dan sal jy self seker die hele duur daarvan daarin sigbaar wees.

 

So nou ink ek vir julle wat ek glad nie oor gedink het nie. Ek bedoel, regtig, ek sing mos net. Ek speel mos nie in movies nie. Mense is veronderstel om my te hoor en minder te sien. Helaas, in al my glorie verskyn ek nou in ink verdrink en digitaal vir julle almal om te aanskou na wie julle luister.

 

Vir die wat nie weet nie – ek is ‘n halfeeu oud, het nog nooit iets laat uitsuig, botox gespuit, lippe laat pof, tucks en nips iewers ooit gehad nie. Ek het myself ook nie danig gedurende die laaste tien jaar mooi bekyk in die spieel nie. Ek is ook nie van die sportiewe, drawwerige tipe nie. Ek sit op my agterstewe die meeste van die tyd, voor my rekenaar, voor my klavier, in die ateljee of op ‘n perd se rug.

 

Dit was moeilik vir my met die fotosessies vir my CD omslag. Gelukkig het ek ‘n baie lieflike fotograaf ontdek met baie lieflike beligting en ken ek my beter ‘angles’ darem nog effe – alhoewel hulle ook al hoe meer beperkinge bygekry het. Dan het sy my voorgestel aan ‘n wonderlike vriend, Mnr Photoshop. So uiteindelik het dit alles goed afgeloop. So goed as wat dit kon.

 

Vanoggend maak die uwe die nuwe Huisgenoot oop en val reg agteroor . Ek het vir ‘n wyle net na lug gehap, maar uiteindelik my asem teruggekry. Presies net toe ek in trane wil uitbars, gebeur daar ‘n snaakse ding met my: ek bars kliphard uit van die lag. Wat anders kan mens doen as jy  jouself so baie herinner aan jou sub A gediggie: otjie potjie … en ek dink by myself … vandag het ek ‘n ding om te ink. Hierdie storie van wat ek NOOIT sou kon dink nie. Toe ek uiteindelik die HUISGENOOT haal, was ek 50jaar oud, lekker middeljarig en soos Breyten Breytenbach se BRIEF VAN HULLE VAKANSIE se -” uitgeswel van lyf.” (Gelukkig “kou ek nog nie agter my baard nie”.)

 

Nouja – laat ons onsself nie misgis met hoe die prentjie regtig lyk nie, maar laat mens tog nou nie vergeet wat dit is wat jy doen en wie jy is nie. Laat ons nooit vergeet waarvandaan ons kom nie en waarheen ons oppad is nie. Laat ons nooit toelaat dat ‘n rol of n plooi of ‘n dimpel te veel die vreugde van elke dag se warm strale laat kwyn nie. Laat ons na ons hande kyk en liewer die verhaal van toeka tot nou in elke lyn en aar sien en saam n nuwe lied sing. Laat ons met die bietjie ekstra tyd wat aan ons geleen is ons “swaarkry met lekkerkry klaarkry.”(CJ Langenoven)

 

En dit is wat ek gedink het ek moet ink.

 

Inkdink -groete

Lieze


blog_shape
comma_first
Insert Text HERE..

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »