seprator

Resensies / review

  • Home
  • Resensies / review
seprator

Lieze Stassen Review (Thula) Die burger 19 Des 1997Afrikaanse liedjies om gerus nader te katrol

– Die Burger, 19 Des 1997

As ‘n album jou laat regop sit met die eerste noot en die laaste jou met ‘n sug agteroor laat sak, luister jy na ‘n wenner. Ander katrol jou nie so onmiddellik in nie, maar na ‘n paar keer se luister, waardeer jy eers wat die kunstenaar jou bied.

As ‘n mens na sowat honder nuwe CDs per jaar luister, steek die wat jou onmiddellik en onvoorwaardelik vang, natuurlik vas. Daar is vanjaar ‘n groot hoeveelheid Afrikaansse CDs vrygestel en die verkeidenheid moes noodwendig aan elke muskiesmaak voldoen. Samestellings van verskillende kunstenaars was gewild, gospel het floreer en boeremukiek staan beslis vir niks terug nie.

 

 

Lieze Rapport tydskrif 28 Junie 1998

Lieze Rapport tydskrif 2Lieze sing die tonge los

– Rapport, 28 June 1998

‘Sê nie nee nie, sê net ja,” sing Lieze Stassen op een van haar liedjies op haar bekroonde debuutalbum, Thula. Dit is haar motto, weerspieël haar hele houding teenoor die lewe.

“Ek sê ja vir sjampanje, sandelhoutwierook, satynlakens, om aan mense te vat en ‘n groot ja vir Maria Callas. Ek sê ja vir groot oop ruimtes, berge van ver af. En ja vir vlieg soos ek maak in my drome. Om in ‘n blik te vlieg, is onnatuurlik”.

Sy kam haar vingers deur haar aardbruinhare en sê in haar sexy rasperstem: “en tog was een van my groot visuele herinneringe ‘n beeld uit ‘n vliegtuig. Deur die venster het ek die plek van Tafelberg deur die wolke sien steek.

 

Keur 10 Julie 1998

Lieze Bokkie RSG 2Bokkie ons wil jou hê!

– Keur, 10 Julie 1998

Die trane rol nie meer oor jou nie, Bokkie. Om die waarheid te sê daar’s groot pret oor jou, BokkieL Lieze Stassen se weergawe van die ou kampvuurliedjie.

Oor Radio Sonder Grense het dit skoon opskudding veroorsaak, amper ongekend in ‘n tyd wanneer mense mos nie juis oor kultuur en sulke dinge opgewonde raak nie. Bokkie het omtrent ‘n kultus geword. RSG se luisteraars is in rep en roer waneer hulle Lieze se Die Trane Die Rol Oor Jou Bokkie hoor, keer op keer….

 

 

 

 

 

Lieze Stassen RooiRose 1998 2Lieze Stassen Rooi Rose 18 Aug 1998

Ontmoet die bokkie van “Bokkie”

– Rooi Rose, 10 Aug 1998

Lieze Stassen se naam was nie net op al wat straat-hoek is nie, dis nou ook op almal se lippe. Die “bokkie” van die gewilde liedjie weet hoe om ja te sê vir die lewe.

Dit is April in die Klein Karoon en KKNK besoekers wat nog nooit op Oudtshoorn was nie, verstom hulle… Nie net oor die lekker feesgees, die vertonings, die kunsternaars, die vlooimark nie, maar ook oor die ses strate in die dorpie wat Lieze Stassen straat heet. Selfs Amanda Strydom vertel vir haar gehoor hoe sy regs in Lieze Stassens straat moes loop, weer regs moes draai in Lieze Stassen straat, en daarna links in Lieze Stassen straat om uit te kom by die plek waar sy moes optree.

 

Lieze Stassen SKY ALBUM REVIEW Keur 12 Feb 1999

Stassen verniel die siel.

– Keur, 12 Feb 1999

Lieze Stassen is met die Samaprys vir die beste Afrikaanse kontemporêre album vir haar skitter-CD Thula bekroon en sy het muskieliefhebbers met haar treffer Bokkie oorrompel. Nou rig sy haar visier op Sama-erkenning in die Engelse mark – met haar eerste Engelse solo-CD, Sky (Music for Africa). Die oorspronklike komposisie – die musiek en lirieke is haar nuutskeppings – dra die stempel van Suid-Afrikaanse egtheid. Met vier weergawes – van MOR (Music for Africa) en radiovriendelik tot Afrika-ritme (Klinkdinge se gunsteling) en ‘n polsende klub-weergawe met ‘n disko-aanslag stel sy haar veelsydigheid gemoduleer teen toon.

Stassen vertolking, aards en meesleurend. Met haar kragtige stem skakeer sy klankryke ligspatsels in juweel-frasering.

 

Lieze Huisgenoot 18 Aug 2013
Lieze Huisgenoot 2

My Stilte is verby

– Huisgenoot, 18 Aug 2013

Sy was een van die gewildste kaberetsageresse van die laat 80”s en die 90’s. Haar muskieteaterprodukies het vol sale gelok. Haar 1997-treffer, Bokkie, het ‘n luisterkoors soos min veroorsaak en sy het ‘n Suid-Afrikaanse Musiekprys (Sama) losgeslaan.

Toe verdwyn sy oornag uit die kollig, want to Lieze Stassen se 17 jarige seun, Alexander, se stem in September 2003 stil raak, het hare ook. Alexander is gebore uit Lieze se agt jaar lange huwelik met Cobus Koen. Die twee was toe al geskei.

 

 

 

 

Lieze Stassen Vrouekeur 8 Nov 2013
Lieze Stassen Vrouekeur 2013 2

Lieze weer in die kollig.

– Vrouekeur, 8 Nov 2013

Skuins voor Lieze Stassen se 50ste lewensjaar het sy weer op haar voete geland op ‘n stukkie “heilige grond”. Sy sing weer en dis vir haar heerlik!

Daar’s geen verwarring oor hoekom Lieze Stassen op verhoog is nie. Dit gaan nie meer oor hips en boobs en hare en sulke goed nie. “it’s about the singer and the song. Dis dit,” sê sy met daardie stem van haar.

 

As jy jou oë toemaak, sien jy haar op die verhoog, alleen voor ‘n klavier. Soos iets uit ‘n fliek. ‘n Hees stem wat lirieke en harmonieë warm tot in jou siel giet. Na ‘n dekade van stilte kan sy haarself weer gee, maar dit was ‘n onsaglike donker alleenpad tot hier.

“Mense het gewonder wat het van my geword? Leef ek nog? Hierdie is my terugkeer. Dit is die brug tussen gister en more,” sê sy oor haar nuwe album my hart is jou my gebed.

“Ek sou dit nie kon doen as ek nie gesond was nie.”

 


shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »