seprator

Videos / Opnames

  • Home
  • Videos / Opnames
seprator

Na ‘n afwesigheid van amper ‘n dekade het die bekende kabaretsangeres Lieze Stassen besluit dis tyd om weer agter die klavier in te skuif en die verhoog te betree. Haar pad het in 2003 ‘n dramatiese draai geneem toe haar seun, Alexander, in ‘n motorfietsongeluk gesterf het. Sy was gebroke en het gesweer sy sou nooit weer sing of aan ‘n musiekinstrument raak nie. Daar was geleenthede daarna toe sy ‘n halfhartige poging aangewend het om weer op te tree deur die aanmoediging van familie en vriende, maar dit was rampspoedig. Haar hart was nie in haar werk nie en sy besluit om haar totaal te onttrek van die musiekbedryf en ook van die samelewing. Maar Lieze is terug en ons het by haar gaan kuier! Foto krediet: Annelize Langeveldt.

 

 

 

 

programme-monitor

Die kunstenaar, Lieze Stassen, wat veral onthou word vir haar CD “Thula” wat in 1997 haar ‘n SAMA toekenning vir die beste kontempor√™re album besorg het, het die afgelope tien jaar uit die openbare oog verdwyn…. Die dood van haar sewentienjarige seun, Alexander, het haar stem stil gemaak…. Sy het ‘n jaar gelede op ‘n plaas met net die perde as haar gehoor, ontdek sy kan WEER sing en musiekmaak. Sy het in ‘n eksklusiewe onderhoud met Wilna Matthee gepraat oor haar pas voltooide CD “My hart is jou gebed” wat die produk is van haar heel word proses.

 

 

 

 

 

Lieze Stassen oor Houtstok
Vrydag 9 Oktober 2015

Lieze Stassen het op 31 Mei 1990 op 27 jarige ouderdom by die Houtstok Rockfees gesing. Die fees was omstrede, en is as polities bestempel, Maar wat was die werklike doel van die fees? Christelle van Tonder gesels met Lieze Stassen oor hierdie legendariese musiekfees. ”


shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »