seprator

“WAT SING JOU HART?”

seprator
27October 2015
blog_shape

 

“WAT SING JOU HART?

Cordis-uit die hart sing ‘n eie lied. Een van begrip vir deernis, woorduitdrukking en hoop. Die bron van Cordis het baie stories, gediggies en boodskappies van geloof neergeskryf. Vandag het ek haar kitaarkas na 26 jaar oopgemaak. Die instrument is soos nuut met een snaar gebreek (dit is dus soos meeste van ons nie heel nie). Binne vind ek die bladmusiek van O sing unto the Lord a new song; Heilig, heilig, heilig; en Here, U sal ek loof.

 

Vanjaar is Erna-Jo Kritzinger se digbundel deur Cordis vrygestel met ‘n gedig wat deur Lieze Stassen getoonset en opgeneem is. Dit bevat die woorde wat na ‘n blue song verwys. Toe Lidi van Schalkwyk onlangs ‘n skildery van ‘n vrou met ‘n blou kitaar maak, het ek geweet dit is ‘n uitbeelding van die gewaarwording wat ek van Erna se gedig en Lieze se vertolking het en die skildery hoort daarby tuis.

 

My hart sing saam met die nuwe Noot & Woord inisiatief van Lieze wat op 7 November begin. Dit bou voort op Woordpalet en die boodskap van hoop.”

 

Fanie Marais – Cordis Trust

 

11058495_1024752287567437_3063027907098133914_n

©Lidi van Schalkwyk

Vrou met die blou kitaar

1797426_1024752380900761_2121617070715092493_n

Foto: Fanie Marais


blog_shape
comma_first
"O sing unto the Lord a new song"

Leave a Comment

shape
Copyright © 2015 Lieze Stassen. All rights reserved. Website by PC Hiccups | Graphics by Saake Botha
Translate »